Search for your favourite author or book

Slaafs

ISBN 
9781415207536
Format 
Trade Paperback
Recommended Price 
R290.00
Published 
March 2016
About the book: 

’n Dag in die lewe van drie speurders van die Khayelitsha-polisiestasie is nie paintball speel nie. Vra maar vir kaptein Nicci de Wee, "Ounooi" soos haar kollega Blackie haar noem. Haar priestervriendin Sally sal dit beaam en so ook Peters, wat skaars sy oë van Nicci kan afhou.

Want in Khayelitsha is die Jane Does volop: daardie vroueslagoffers wat so sonder naam op die staatspatoloog se outopsietafel beland. Maar waarom was daar vreemde vesels in die keel van ’n meisie wat aan ’n oordosis sterf en hoekom het sy en ’n tweede slagoffer dieselfde tatoeëermerk?

Weldra daal Nicci en haar kollegas af in die donker onderwêreld van mensehandel, begelei deur die enigmatiese, en verleidelike, doktor Gigi Gerber, kenner op die gebied van slawesindikate. En heeltyd, in die agtergrond, staan al die kwesbare ontwortelde mense van die wêreld.

Die speurspan in Bettina Wyngaard se nuwe riller is mense van vlees en bloed wat diep voel, in intense verhoudinge tot mekaar staan, liefhet, verliesely en die hart aangryp.

Other titles by this author 
About the Author

Bettina Wyngaard is die skrywer van Troos vir die Gebrokenes (wenner van die Jan Rabie Rapportprys), Vuilspel, Slaafs, Jagter, Lokval en Grietjie se Loutering. Sy het etlike jare as prokureur gepraktiseer en woon en werk in die Overberg.

 

Others also viewed

At an army base close to Voortrekkerhoogte in Pretoria, at the height of summer and South Africa...
Four indentured women cross the black water to the Colony of Natal   In 1909, four women...
“Let us, then, set off together on a series of journeys around South Africa with an old...
Brilliant jazz pianist Bent lives from gig to gig in a city of dead ends. He is plagued by...