Search for your favourite author or book

Knal

ISBN 
9781779880505
Format 
Trade Paperback
Recommended Price 
R330.00
Published 
April 2025
About the book: 
Nicci de Wee is op die spoor van ’n nuwe booswig en hierdie keer is dit persoonlik. Een van haar eie spanlede word vermis. Die ondersoek sirkel egter sonder sukses rondom wie die misterieuse skim is wat talentvolle vroue so koelkop in openbare plekke teiken. Hy laat hulle oënskynlik in die niet verdwyn ... met afgryslike gevolge.
 
En hoekom bly die klokke so onheilspellend lui? Skakel dit enigsins in met die silwer klokkies wat hulle by die misdaadtonele vind? Nicci word deur angswekkende gebeure nog dieper by die saak ingesleep en haar spanlede word in ’n verbete wedloop teen tyd vasgevang. Is hulle op die spoor van die regte duiwel, of is daar iemand selfs meer sinister agter die gruweldade wat almal tot hul uiterste beproef?
 
Wyngaard is ’n meester storieverteller en het geen probleem daarmee om die karakters in haar boeke af te maai nie. Kan hierdie dalk Nicci de Wee se finale speursaak wees?
Other titles by this author 
About the Author

Bettina Wyngaard is die skrywer van Troos vir die Gebrokenes (wenner van die Jan Rabie Rapportprys), Vuilspel, Slaafs, Jagter, Lokval en Grietjie se Loutering. Sy het etlike jare as prokureur gepraktiseer en woon en werk in die Overberg.

 

Others also viewed

Clinton and Patterson are back. And they're better than ever.   The President of the...
A new spy thriller set over the four days of the 1938 Munich Conference, as the world waits for...
From the #1 NYT bestselling author of Celery Juice  and Liver Rescue,  here's...
Meet Tannie Maria: She's fifty-something, short and soft (perhaps a bit too soft in the wrong...