Senior Afrikaanse redakteur by Penguin
Penguin Books Suid-Afrika kondig die aanstelling van Melt Myburgh as opdraggewende redakteur aan.
Myburgh het op verskeie terreine reeds diep spore in die Afrikaanse letterkundige wêreld getrap. Hy kom na Penguin van Naledi-Uitgewers waar hy redaksiehoof was. Voorheen was hy verbonde aan die Universiteit Stellenbosch waar hy projekbestuurder van die Woordfees was en in die departement Afrikaans en Nederlands gedoseer het. Sy ervaring in die boekewêreld het beslag gekry toe hy van 2007 tot 2010 meningsbestuurder by LitNet was.