Search for your favourite author or book

Die Lucky Strike

ISBN 
9781776093687
Format 
Epub
Recommended Price 
R160.00
Published 
July 2017
About the book: 
Jy mag dink jy is klaar met die verlede, maar eintlik is die verlede nooit klaar met jou nie. Net toe Die Sluiper sy rug wou keer op sy lewe as huurmoordenaar en vrede met die wêreld wil maak, vind hy dat sy verlede hom ingehaal en verbygegaan het. Dit wag vir hom op ’n wildsplaas in die Kgalagadi, en ook in Kabinda in die DRK tussen strydende militêre magte. Daar sal rekenskap wees. En vergelding. Hy is gereed daarvoor, want hy was in sy element – die element van vrees.
 
Maar eers wag sy neef, majoor Darius Keiser, en sy geliefde Tes op hom. Ook sy twee eertydse kamerade in Spesmagte, Gertjan en Carlos. En die lang vrou met ’n donkerbril wat haar Lucky Strikes met soveel toewyding rook ...
 
Dit is ’n diggeweefde web van verraad en misleiding wat hy eiehandig sal moet ontrafel. Sonder genade. Want hy is Die Sluiper en genade is God se domein.
 
Met Die onaantasbares  het Steve Hofmeyr liefhebbers van spanningsromans aan Die Sluiper bekend gestel. In Die Lucky Strike  leer ons die gesiglose in sy weerloosheid ken.
 
Hierdie opvolgroman sal nie teleurstel nie. Weerloosheid het nooit ’n huurkontrak nie. Dit bly altyd persoonlik.
Other titles by this author 
Listing 
About the Author
Steve Hofmeyr is een van die gewildste vermaaklikheids-kunstenaars in Suid-Afrika. Benewens sy loopbaan as sanger, liedjieskrywer en akteur, is hy ook bekend daarvoor dat hy op uitgesproke wyse sy mening oor politieke en kulturele kwessies lug.
 
As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy rolle in TV-reekse soos Agter elke man  en verskeie films en sepies, insluitende Egoli . Hy het reeds ’n menigte toekennings ontvang, onder meer Geselsprogram-aanbieder van die Jaar, platinumstatus vir CD-verkope wat die tweemiljoen-merk oorskry het (EMI), en ’n SAMA-toekenning vir grootste verkoper van musiek in Suid-Afrika oor alle genres heen. Sy outobiografie, Mense van my asem , was ’n topverkoper in 2008, en sy vier romans is gunstig deur kritici ontvang.

Others also viewed

Two islands. Two women.   The year is 1289 and an injured young man washes up on an...
This humorous book follows the earlier successful publication of two similar books by Dr Jack....
South Africa’s varied landscape is home to some 19,000 shrubs and herbs, a large number of...
Zanemvula Kizito Gatyeni Mda, better known as Zakes Mda, is an award-winning South African...