Search for your favourite author or book

Die Kwesbares

ISBN 
9781776095476
Format 
Epub
Recommended Price 
R230.00
Published 
April 2020
About the book: 
Daar’s altyd daardie een persoon van wie jy nie weg kan stap nie. Al weet jy dat jy moet. In die derde aflewering van die reeks speel die Sluiper klaar met homself. Hy lê sy wapens neer en kies die liefde. Die dodelikste ding wat hy ooit kon doen. Nie net laat dit hom uiters kwesbaar nie, maar dit bring hom lynreg te staan teen die boosaardigste figuur met wie hy nog ooit te make gehad het: Jesús Fidencio Hernández, beter bekend as die Veearts van Baia Farta. So ook met die spoke uit sy verlede.
 
En dié konfrontasie gaan bloedig wees. Brutaal en allesverwoestend. Want dit dwing die Sluiper terug na ou vergete gedragspatrone. Na ingeoefende rituele van vernietiging, want rituele maak die ontasbare tasbaar; gee die onwerklike ʼn mate van stoflikheid. Dit plaas die grootsheid van die onvoorsienbare in jou palm. Dit wals in op plekke waar woorde nie kan bykom nie. Soms heel dit selfs wonde. En dis seker beter as niks. ʼn Titseltjie genesing vir die kwesbares.
 
Met hierdie derde aflewering in die Sluiper-reeks oortref Steve Hofmeyr selfs die ontsaglik hoë standaard wat hy met  Die onaantasbares  (2017) en  Die Lucky Strike  (2018) gestel het. As aksieroman is  Die kwesbares  heeltemal uniek in die Afrikaanse lettere. Trefseker en sekuur. Soos ʼn koeël.
Other titles by this author 
Listing 
About the Author
Steve Hofmeyr is een van die gewildste vermaaklikheids-kunstenaars in Suid-Afrika. Benewens sy loopbaan as sanger, liedjieskrywer en akteur, is hy ook bekend daarvoor dat hy op uitgesproke wyse sy mening oor politieke en kulturele kwessies lug.
 
As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy rolle in TV-reekse soos Agter elke man  en verskeie films en sepies, insluitende Egoli . Hy het reeds ’n menigte toekennings ontvang, onder meer Geselsprogram-aanbieder van die Jaar, platinumstatus vir CD-verkope wat die tweemiljoen-merk oorskry het (EMI), en ’n SAMA-toekenning vir grootste verkoper van musiek in Suid-Afrika oor alle genres heen. Sy outobiografie, Mense van my asem , was ’n topverkoper in 2008, en sy vier romans is gunstig deur kritici ontvang.

Others also viewed

Rebecca and Kate Lund, aka The Delish Sisters, are constantly inspired by the everchanging food...
When her husband Amir abruptly leaves home, film editor Lucinda is left angry and puzzled. Where...
The Cradle of Humankind World Heritage Site situated in the heart of the Magaliesberg Biosphere...
This comprehensive guide covers all 151 snakes indigenous to southern Africa. Species accounts...