Search for your favourite author or book

Steve Hofmeyr

About 
Steve Hofmeyr is een van die gewildste vermaaklikheids-kunstenaars in Suid-Afrika. Benewens sy loopbaan as sanger, liedjieskrywer en akteur, is hy ook bekend daarvoor dat hy op uitgesproke wyse sy mening oor politieke en kulturele kwessies lug.
 
As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy rolle in TV-reekse soos Agter elke man  en verskeie films en sepies, insluitende Egoli . Hy het reeds ’n menigte toekennings ontvang, onder meer Geselsprogram-aanbieder van die Jaar, platinumstatus vir CD-verkope wat die tweemiljoen-merk oorskry het (EMI), en ’n SAMA-toekenning vir grootste verkoper van musiek in Suid-Afrika oor alle genres heen. Sy outobiografie, Mense van my asem , was ’n topverkoper in 2008, en sy vier romans is gunstig deur kritici ontvang.

Titles by this author

Daar’s altyd daardie een persoon van wie jy nie weg kan stap nie. Al weet jy dat jy...
Daar’s altyd daardie een persoon van wie jy nie weg kan stap nie. Al weet jy dat jy...
Steve Hofmeyr word as skrywer van Afrikaanse fiksie hoog aangeslaan. Sy Vier briewe...
Jy mag dink jy is klaar met die verlede, maar eintlik is die verlede nooit klaar met jou nie...
’n Fotografi ese herdenking van die lewe en loopbaan van Afrikaanse musiek se...
’n Fotografi ese herdenking van die lewe en loopbaan van Afrikaanse musiek se...