Search for your favourite author or book

Die afloerder

ISBN 
9781485904489
Format 
Epub
Recommended Price 
R285.00
Published 
February 2020
About the book: 
Iemand loer vanuit die skadu's.
 
Verslaggewer Anje Bruwer verruil die gevaarlike strate van Johannesburg vir ’n rustiger lewe in Colesberg om ’n misdaadroman te skryf.
 
Maar die platteland is allermins rustig: Daar is ’n menseslagter los wie se gruweldade Anje se kop laat duisel. Sy loop haar in sy web vas wanneer sy vir die plaaslike koerant oor sy moorde begin verslag lewer. Kaptein Siegfried Scholtz – ’n man wie se skuldgevoelens hom ry – kan nie anders nie as om Anje by die ondersoek te betrek.
 
Gaan hulle daarin slaag om te keer dat die moordenaar nog ’n lewe wreed in ’n bloederige swartsak verpak?
 
Die afloerder is ’n sielkundige riller so koud en donker as kan kom.
 
Other titles by this author 
Listing 
About the Author

Anel Heydenrych het as TV- en radiojoernalis op RSG bekend geword. Sy het ’n meestersgraad in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Tans woon en werk sy op Colesberg.

Others also viewed

The world is in lockdown, and Jack has been stuck at home for what feels like an eternity. When he...
Clementine Khoza is a hard person; hard to know, hard to love, hard to fight. When she was a...
Jan Braai Junior In die kombuis  is ’n boek vir die volgende geslag. Dis geskryf in...
’n Familie veg op alle fronte terwyl hul wêreld in duie stort.   Oorlog...