Search for your favourite author or book

Adder

ISBN 
9781485903116
Format 
Epub
Recommended Price 
R280.00
Published 
December 2016
About the book: 
Klara Francke het ’n donker geheim. Sy is vasgekeer in ’n giftige huwelik met die sadistiese Johan. Sy leef in konstante vrees vir haar eie lewe en dié van haar tienerjarige seun. Wanneer Johan die nuwe ingenieur wat by die sonkragaanleg buite die dorp begin werk het, vir ’n braai nooi, is daar onmiddellik ’n wedersydse aangetrokkenheid tussen Klara en haar man se kollega.
 
Terwyl Klara worstel met haar onverklaarbare - en ontoelaatbare - gevoelens, spook speurder Basie Snyman en sy kollega om die moorde op twee jong meisies op te los. Hulle weet hulle werk teen tyd wanneer ’n derde meisie verdwyn. Kort voor lank ontdek die speurders ’n skakel tussen die drie slagoffers: Klara Francke...
Other titles by this author 
Listing 
About the Author
Christelle Wessels is op De Aar gebore en is tans die redakteur van een van die oudste gemeenskapskoerante in die land – die Stellalander. Sy woon in Vryburg in Noordwes. In 2004 ontvang sy die Sanlam Gemeenskapsperstoekenning vir Joernalis van die Jaar: Menslike Nuus. Adder is haar debuut.
 

Photograph credit: Andi van Aswegen.

Others also viewed

This penetrating, timely portrait of Robert Mugabe is the psychobiography of a man whose once-...
In 1992, a gang leader was shot dead by a member of Umkhonto we Sizwe in Kroonstad. The murder...
A direct, straightforward and effective guide to tree identification.   This book...