Search for your favourite author or book

Tuisland

ISBN 
9781415206683
Format 
Epub
Recommended Price 
R215.00
Published 
June 2016
About the book: 
Kaptein Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die platteland. Hy het pas sy bedanking ingedien, maar word vir een laaste sending die Kalahari in gestuur. Die dood van ’n San-leier en klagtes van polisiegeweld word sy missie.
 
Op die rand van die Kgalagadi-oorgrenspark, waar die laaste afstammelinge van die Kalahari-San in ’n wildernis van sand en Kalahari-leeus woon, loop hy hom in ’n bynes vas. Die brutale aanval op ’n Duitse toeris ontketen ’n rits gebeure wat ’n multimiljoenrandse projek vir die San kan verongeluk.
 
En dan val die volgende dooie. Beeslaar kry ’n nuwe kollega, kolonel Koekoes Mentoor, ’n hardekwas rissiepit wat saam met hom deur ’n doolhof van politiek, mites en moord moet stap.
 
Gelyktydig moet Kytie Rooi, skoonmaakster by ’n luukse gastehuis op Upington, die Kalahari in vlug met ’n vreemde straatkindjie aan die hand.
 
Met die romans Plaasmoord en Onse vaders het Karin Brynard haar reputasie as een van Suid-Afrika se gewildste misdaadskrywers gevestig. In haar derde roman kom haar karakters te staan voor groter uitdagings as ooit te vore.
 
Other titles by this author 
Listing 
About the Author

Karin Brynard is a journalist who earned her stripes in the burning streets of Soweto during the Freedom Struggle of the eighties. As a political correspondent for a nationwide newspaper, she witnessed the release of Nelson Mandela and the subsequent political settlement that ended apartheid. Her first two novels, Plaasmoord and Onse vaders, took the South African market by storm, becoming instant bestsellers. She has won numerous literary awards, including the UJ Debut Prize for Creative Writing and two M-Net Awards.

 

Others also viewed

The stock market is the golden goose that the rich rely on to stay rich. That’s why so many...
It’s Wonderful Me!  is the long-awaited book towards once again reconnecting...