Search for your favourite author or book

Suiker Britz: Dossier van 'n Speurbaas

ISBN 
9781776094714
Format 
Epub
Recommended Price 
R220.00
Published 
September 2019
About the book: 
Toe die legendariese Suiker Britz homself in 2018 om die lewe gebring het, het die einde van ’n era aangebreek – ’n tydvak waarin ouskool-polisiemanne se reputasie gebou was op ongelooflike suksesse in die bekamping van misdaad. In sy luisterryke loopbaan as polisieman en speurder, en as hoof van die Suid-Afrikaanse Polisie se Moord en Roof-eenheid, was Britz as ondersoeker betrokke by misdade wat die samelewing tot in sy fondamente geskud het. In die land se oorgangstydperk na demokrasie het hy, in opdrag van verskeie kommissies van ondersoek, duisterhede help opklaar rondom polities-geïnspireerde moorde.
 
In hierdie boek probeer die skrywers ’n beeld van die man agter die legende kry deur die soeklig op sake waarby hy betrokke was, te laat val. En die beeld wat na vore kom is dié van ’n passievolle speurder wat uitsonderlike prestasies in sy loopbaan behaal het, maar hy was ook ’n gewone mens met unieke tekortkominge. Britz het dikwels onder fel kritiek deurgeloop oor die manier waarop polities sensitiewe sake hanteer is. 
 
Lesers wat maklik ontstel word deur grafiese materiaal, moet daarop bedag wees dat die sake wat in hierdie boek gedek word, dikwels grusaam en angswekkend is. Om egter ’n profiel van ’n man in Suiker Britz se liga saam te stel, is dit onvermydelik dat die donkerste uithoeke van die menslike psige verken moet word.
Listing 

Others also viewed

The Great Marula Menu  is a delicious collaboration between Amarula and passionate home...
'Stella felt sick to her stomach. How could her marriage be over? She did the maths, counting...
Zambia and Malawi are home to 240 reptile species, of which 114 are snakes, 108 lizards, 14...
Okay, so his credit card is maxed, his boss hates him, his father is a world-class alcoholic and...