Search for your favourite author or book

In sneeu geskryf

ISBN 
9781415206393
Format 
Epdf
Recommended Price 
R205.00
Published 
August 2015
About the book: 

In Rusland aan die begin van die twintigste eeu vind twee priesters vertroosting in mekaar se arms teen die Siberiese winter en die bloedige opmars van die Rooi Leer. Dekades later, op 'n kontinent duisende kilometers ver, verruil jong Heinrich sy sukkelbestaan in 'n Karoo- dorpie vir die kitsrykdom wat 'n somer by Sizzler’s, 'n bordeel in Seepunt, hom beloof. Hier werk hy saam met Stallion, Randy en Cool Daddy. Vir sy kliente is hy “Frikkie”, 'n boerseun wat hul wildste fantasiee waar maak. Wanneer 'n klient een aand vir hom 'n gedig oor sneeu voordra, ruk hy Heinrich aan die hart. Later loop Heinrich die man, Bertus, in 'n kuierplek raak waar die ouens van Sizzler’s uithang. Wat hulle twee nie weet nie, is dat die kelner wat vir hulle shooters aandra, teen 'n waansinnige moorddadigheid in sy eie kop baklei. Die ware Sizzler’s-moorde van 2003 vind op besondere wyse neerslag in Francois Loots se verhaal. In sneeu geskryf knoop die lotgevalle van uiteenlopende karakters vernuftig saam – hartverskeurend, koelbloedig en anderkant die grense van ruimte en tyd.

Other titles by this author 
Listing 
About the Author
Francois Loots het naby Prieska in die Noord-Kaap grootgeword. Hy studeer Engels, Duits en Sielkunde aan die Universiteit van Kaapstad en Unisa en werk in die onderwys, landelike ontwikkeling en in die gedrukte media.
 
Hy is die skrywer van vier romans. Rooi Jan Alleman,het op die Universiteit van Johannesburg-prys vir skeppende skryfwerk se kortlys verskyn. Nadat hy in die buiteland woonagtig was, woon en werk hy tans in Kaapstad.
 
 
Photograph © Jurgen Marx.

Others also viewed

We all know what enquiring minds young children have – particularly about the world around...
Africa has experienced two liberations: the first from colonial and racist regimes and the second...
Who are the Women of Xolobeni? Who was Dulcie September? What are dirty/pretty things? Or...
‘I wrote this book because I believe the road to financial freedom is a journey everyone...