Search for your favourite author or book

'n Spook in die Huis

ISBN 
9781415210420
Format 
Epub
Recommended Price 
R199.00
Published 
April 2019
About the book: 
Die spook in sy huis kry alleenloper Paul nie verdryf nie, al probeer hy hoe hard om met ingewikkelde resepte sy dae om te bak. Sy lewe verander onomkeerbaar wanneer hy by ’n moord ingesleep word. Nou is sy lewe ook ’n koerantopskrif, nes dié wat hy elke nag bekook vir die Shrien Dewanisaak by die nuuskantoor waar hy werk.
 
Die skaduwêreld van sado-masochisme kom tydens die Dewaniondersoek aan die lig: ’n wêreld goed bekend aan Div. Fisieke pyn is hoe hy vergeet van sy afgetakelde pa en sy junkie-broer. Wanneer die gedaante van die vermoorde Anni Dewani lewensgroot aan Div verskyn, besef hy dat dít wat by hom spook nie slegs metafories is nie.
 
Wat jaag ons, en wat maak ons vry? In ’n Spook in die huis, François Loots se sewende roman, word die kompleksiteite rondom ontvlugting en verlossing op boeiende en verrassende wyse verken.
Other titles by this author 
Listing 
About the Author
Francois Loots het naby Prieska in die Noord-Kaap grootgeword. Hy studeer Engels, Duits en Sielkunde aan die Universiteit van Kaapstad en Unisa en werk in die onderwys, landelike ontwikkeling en in die gedrukte media.
 
Hy is die skrywer van vier romans. Rooi Jan Alleman,het op die Universiteit van Johannesburg-prys vir skeppende skryfwerk se kortlys verskyn. Nadat hy in die buiteland woonagtig was, woon en werk hy tans in Kaapstad.
 
 
Photograph © Jurgen Marx.

Others also viewed

Greater southern Africa has a wealth of mammal species, almost 400 – all of which are...
When Karen Dudley closed her iconic restaurant, The Kitchen, in Woodstock, Cape Town, there were...
Taken Captive by Birds is a collection of acclaimed author Marguerite Poland’s ‘...
As one of the most capped Springboks ever, Victor Matfield is a national hero who transcends...