Search for your favourite author or book

Sakgids: Soogdiere van Suider-Afrika

ISBN 
9781431701636
Format 
Epdf
Recommended Price 
R145.00
Published 
August 2011
About the book: 

Suider-Afrika is die tuiste van ’n rykdom soogdiersoorte, wat in ’n wye verskeidenheid habitats leef. Hierdie bondige boekie is die ideale sakgids om soogdiere in die streek mee uit te ken. Dis maklik om te gebruik en dek - in verbasende besonderhede - sowat 120 soogdiere, van die kleinste soogdiere (soos vlermuise, klaasneuse en skeerbekmuise) tot die grootste (soos olifante, leeus en renosters) en sluit ook seediersoorte in (soos robbe, dolfyne en walvisse). 

Met betroubare en kleurvolle illustrasies, bied hierdie gids beknopte inligting oor sleutel-identifiseringswenke, soortgelyke spesies, habitat, gedrag, dieet, dieregeluide, voortplanting, lewensduur, verspreiding en grootte. Duidelike afbeeldings van elke dier, verspreidingskaarte, silhoue‘tte wat diere se relatiewe grootte in verhouding tot die mens aandui en illustrasies van spore en mis, maak hierdie ’n noodsaaklike gids vir sowel toeriste as natuurliefhebbers.

Listing 

Others also viewed

Between these covers you have the best of Ben Trovato's popular satirical columns, letters and...
Skaars op Aronspoort, of mevrou Smit hoor sy slaap in die polisieselle – vir haar “...
Ericas come in an astonishing array of sizes, shapes and colours. Some 760 species, many of them...
Cape Town Then and Now is a unique visual portrait of Cape Town and the Cape Peninsula,...