Search for your favourite author or book

Die Wonderwerker

ISBN 
9780143530558
Format 
Paperback
Recommended Price 
R240.00
Published 
September 2012
About the book: 

Toe Eugène Marais deurtrek van malaria en morfien by ’n vreemde plaashuis in die Waterberg

ingeneem word, verander daardie huishouding heeltemal. Twee vroue ding mee om sy aandag – Maria, die huisvrou, en Jane, ’n jong meisie onder die gesin se sorg. En op hulle beurt is daar twee jaloerse mans – Gys, die eggenoot, en hul seun, Adderjan.
 
Oor die maande waarin Marais onder die sorg van die twee vroue herstel, verrig hy wat vir die plaasmense en hul bure na wonderwerke lyk. Hy versamel en ondersoek byna alles, maak diere mak en bring hulle in sy kamer in, genees besoekers. Hy “mesmeraais” mense en hou hom besig met
dinge wat soos toordery lyk.
 
Algaande bring sy teenwoordigheid in almal die verlange na iets onbereikbaars na vore, maar dis Marais se verlange na die jongmeisie, en hare na hom en na ’n ander lewe, wat al die versweë konflikte op die spits dryf.
Other titles by this author 

Others also viewed

’n Monsteragtige wese het hom in Fabian se tuin tuisgemaak – ’n ondier met...
Elena ontdek ’n ou kaart in die solder op hul plaas, ’n kaart wat haar Italiaanse...
Low carb is Lekker  is die skepping van Inè Reynierse, wie se missie was om die...
In Sabbatsreis  vertel Annelie Botes hoe sy in 2004 blindelings op ’n vliegtuig geklim...