Search for your favourite author or book

Die Geheim van Mussolini se kaart

ISBN 
9781776351916
Format 
Paperback
Recommended Price 
R320.00
Published 
March 2022
About the book: 
Elena ontdek ’n ou kaart in die solder op hul plaas, ’n kaart wat haar Italiaanse oupa as krygsgevangene na Suid-Afrika gebring het. Dis ’n vonds wat kan lei na ’n goudskat wat die diktator Mussolini in oorlogsbunkers weggesteek is.
 
Wanneer sy die kaart vir haar vriend in Stellenbosch, historikus Ernst, wys, bars alle hel los. In die chaos wat volg, word sý verdink dat sy Ernst vermoor het en moet sy vlug, nie net vir die polisie nie, maar ook die mense wat Ernst vermoor het.
 
George, ’n vriend van Ernst, word teen sy sin by Elena se vlugtog ingetrek. Maar wanneer sy eie familie se lewens in gevaar kom, moet hy moeilike besluite neem. Laat hy Elena aan haar eie lot oor, of help hy haar om die skat via die Vatikaan – met al sy geheime en intriges – in Italië te gaan soek?
 
Other titles by this author 
About the Author

Constant van der Merwe is in Port Elizabeth gebore en studeer sielkunde en teologie in Port Elizabeth en Stellenbosch Universiteit. Hy begin sy loopbaan as kapelaan in die vloot, werk as regisseur van tv-programme in Johannesburg en ná ’n tydperk in die Noord-Kaap, vestig hy hom in die Strand. Hy is getroud en her drie volwasse kinders. Hy verdeel tans sy tyd tussen Suid-Afrika en Frankryk.  Die geheim van Mussolini se kaart  is sy derde roman sedert sy debuut in 1989.

Others also viewed

Sasha seems to have it all. She’s the lead singer of an amazing band, she’s starting...
Meet the Heeler family in this tabbed board book!   Meet Bluey’s family! Get to...
The unputdownable and chilling  Sunday Times  Crime Book of the Month  ...
A Silicon Valley icon - and inventor of the iPod and iPhone - dispenses valuable tips and life...