Kook uit die Hart
Oor die boek:
Hier is resepte spesiaal geskep om by jou luim te pas - kos wat jou sal opkikker wanneer jy bedruk voel, wat jou vierings ekstra plesierig sal maak, 'n romantiese geleentheid sal laat uitblom tot iets fantasties, oomblikke van kalmte en rus sal verdiep, en selfs vir daardie dae voorsien wanneer jy te lui voel om te kook maar steeds jouself en jou gesin moet voer.
![]() |
|
Vir die meringues
4 eierwitte
200 g strooisuiker
1 teelepel mielieblom
½ teelepel asyn
5 ml vanielje-ekstrak
Vir opdiening
100 g donkersjokolade
|
1. Voorverhit die oond tot 150°C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
2. Klits die eierwitte totdat sagte puntjies vorm.
3. Terwyl jy aanhou klits, voeg jy die suiker geleidelik by tot die meringue styf en glansend is.
4. Vou die mielieblom, asyn en vanielje in.
5. Skep die meringue in ’n spuitsak met ’n stervormige tuit en spuit klein ‘soentjies’ op die bakplaat.
6. Plaas in die oond en verlaag die hitte tot 100°C.
7. Bak vir 30 minute, skakel dan die oond af en laat die meringues heeltemal afkoel voordat jy dit uit die oond verwyder.
8. Vir die soentjies smelt jy die sjokolade en smeer dan ’n lepel vol op die helfte van die meringues. Plak die oorblywende meringues op en laat stol voordat jy die soentjies voorsit.
|
Onthou jy nog die goeie ou dae?
![]() |
|
500 g suiker
200 ml water
125 ml ligte corn syrup
’n paar druppels rooi jel-voedselkleursel
6-10 appels van jou keuse
|
1. Verhit die suiker, water, mieliestroop en voedselkleursel tot kookpunt in ’n groot kastrol.
2. Roer die mengsel tot die suiker opgelos het. Dis belangrik om dan nie weer te roer nie anders gaan die mengsel kristalliseer.
3. Kook die mengsel 15-20 minute tot dit 150°C op ’n suikertermometer bereik.
4. Terwyl die suiker kook, steek jy sosatiestokkies in al die appels en voer ’n bak-
plaat met bakpapier uit.
5. Wanneer die suikermengsel gereed is (drup ’n bietjie van die suikerstroop in koue water en dit sal harde, brokkelrige drade vorm wat breek wanneer dit gebuig word), doop jy die appels daarin, maar wees versigtig dat jy nie brand nie.
6. Plaas die appels op die bakplaat en laat heeltemal afkoel voordat jy dit voorsit.
|
Voel jy gelukkig?
![]() |
|
4 tortillas
1 koppie gerasperde mozzarella
½ koppie gerasperde cheddar
¾ koppie feta, gekrummel
2 koppies gesnipperde, gaar hoender
brandrissies, in skyfies gesny
Vir die guacamole
1 ryp avokadopeer
sap van ½ suurlemoen
sout en peper, na smaak
|
1. Verhit ’n groot braaipan of roosterpan oor hoë hitte.
2. Plaas een van die tortillas in die pan en skep die helfte van die hoender, kase en brandrissie bo-op.
3. Plaas nou ’n tortilla bo-op. Wanneer die kaas begin smelt en die onderste tortilla goudbruin en bros gebraai is, keer jy die quesadilla versigtig om en braai aan die ander kant.
4. Verwyder die quesadilla uit die pan en laat effens afkoel voordat jy dit in wiggies sny.
5. Herhaal die proses met die res van die bestanddele.
6. Vir die guacamole verwerk jy al die bestanddele in ’n voedselverwerker
tot glad.
7. Sit die quesadillas saam met die guacamole voor.
|