Search for your favourite author or book

Wat die hart van vol is

ISBN 
9781770229723
Format 
Epub
Recommended Price 
R205.00
Published 
September 2016
About the book: 
’n Wydlopende herinneringsreis, deurspek met staaltjies, deur een van ons land se fynkospioniers…
 
Met erfeniskos wat deesdae internasionaal hoogmode is, staan een kok uit: Peter Veldsman. As enigste kind op ’n plaas in die Klein-Karoo het Peter ’n fyn waarnemingsvermoë en goddelose sin vir humor ontwikkel. Die resultaat is eindeloos vermaaklike stories oor die kos en mense in sy lewe, van sy dae as kosredakteur van die tydskrif Sarie, waar Peter twee generasies Afrikaanse vroue voor die stoof touwys gemaak het, toe as kosskrywer van Rapport  en, uiteindelik, as “Mister V”, eienaar van Emily’s, waar hy hom amper 20 jaar lank beywer het om van streekskos fynkos te maak en só ’n formidabele restaurant-nalatenskap gevestig het.
 
Baie van die stories is snaaks. Ander is soet-nostalgies. Sommige kyk eerlik na kwessies ná aan sy hart, soos gay-wees en die kerk. En tog, al het hy al vir bekendes en selfs beroemdes gekook en die wêreld deurkruis op soek na nuwe smake, is dit sy tante Julia en haar “koskys” wat hy steeds die helderste voor die oog roep, sy Skotse ouma, en die dag toe hy as ’n vierjarige op sy oupa se plaas in die Klein-Karoo die eerste keer ’n doukomkommer tussen sy tande geknars het ...
 
Nostalgies, humoristies en hartroerend – ’n boek wat jou terugvat na Ouma se kombuis, maar dan ook die drumpel oor, na die wye wêreld daarbuite.
Listing 

Others also viewed

Scotsman Angus Bell is minding his own business in Montreal when a psychic tells him he'll be...
Willem Prins wanders the streets of Paris, disillusioned and glum. Once, he showed great promise...
’n Dag in die lewe van drie speurders van die Khayelitsha-polisiestasie is nie paintball...
Sean Davison, a professor of science at the University of the Western Cape, made headlines when he...