Search for your favourite author or book

Vrae en Feite vir Nuuskierige Agies 2

ISBN 
9781776093946
Format 
Epub
Recommended Price 
R165.00
Published 
April 2019
About the book: 
Is jy ’n nuuskierige agie wat wil weet…
 
… of dinosourusse ooit gekloon sal word? Of hoeveel verf nodig is om ’n Boeing in sy kleure uit te dos? Het jy al gewonder hoekom kruisies soene simboliseer? Of waarom mans vandag steeds dasse dra? Bestaan daar nog regte hekse? En het mense mekaar met blomme gegooi tydens die Tulpoorlog?
 
Hierdie boek sal jou help om uit te vind of jy bietjie slimmer is as ’n sjimpansee – of dalk baie intelligenter as ’n neurochirurg! Dit gee ook wenke oor hoe om ’n entrepreneur te word. En dit vertel jou alles oor hoe DNS die eerste keer gebruik is om ’n moordenaar vas te trek.
 
Die legendariese opvoedkundige Riette Hugo het vir RSG antwoorde op dié vrae, en nog vele meer, saamgestel. Vrae en feite vir nuuskierige agies #2 is propvol inligting, riglyne en wenke vir kinders van alle ouderdomme wat slimmer as selfs Oupa en Ouma is.
 
Waarskuwing: Moenie jou boek uitleen nie! Dalk kry jy dit nooit weer terug nie.
Listing 

Others also viewed

In hierdie boek kyk Jean Oosthuizen krities na die NG Kerk se geskiedenis sedert Jan van Riebeeck...
Kreefsmous Hendrik dog hy yl toe hy ’n beseerde jong vrou op ’n verlate strand aan...
Smuggled into China and sold for meat in the live-animal markets of cities such as Wuhan, the...
Etienne is twee-en-twintig en studeer filmkuns in London nadat hy uit Suid- Afrika gevlug het om...