Search for your favourite author or book

Veldgids tot Bome van Suider-Afrika

ISBN 
9781770079120
Format 
Paperback
Recommended Price 
R650.00
Published 
August 2013
About the book: 
Hierdie omvattend uitgebreide, hersiene uitgawe van die beste verkoper onder boom-veldgidse vir die streek bied veel meer as die hoogs suksesvolle eerste uitgawe. Volledig bygewerkte teks (insluitend bykomende spesie-inskrywings) en verspreidingskaarte, talle nuwe foto’s en ’n nuwe seksie van 87 bladsye met foto’s van die hele boom maak dié gewilde gids nog meer noodsaaklik in die veld.
 
Suider-Afrika het ’n ryk verskeidenheid bome, met sowat 2 100 inheemse en meer as 100 genaturaliseerde uitheemse spesies. Veldgids tot Bome van Suider-Afrika  beskryf en illustreer meer as 1 000 hiervan, met die klem op die algemeenste bome en dié wat waarskynlik die meeste teëgekom word. Spesies is op grond van maklik waarneembare blaar- en stingelkenmerke logies in 43 groepe gerangskik, elke inskrywing met volkleurfoto’s van die diagnostiese dele van die plant. Praktiese gebruike van die plante word ook genoem.

Others also viewed

Food and memory are inextricably linked; flavours and dishes evoke emotion, rooted in nostalgia or...
From 2005 to 2009, the heir to one of South Africa’s blue-blood families methodically...
This title focuses on the essentials of bird identification in East Africa by presenting those...
Southern African birdfinder - where to find over 1400 bird species from South Africa to Zambia, is...