Search for your favourite author or book

Soogdier-Safari Aktiwiteitsboek

ISBN 
9781775848936
Format 
Paperback
Recommended Price 
R190.00
Published 
March 2024
About the book: 
Hierdie prettige aktiwiteitsboek is propvol speletjies, blokraaisels, doolhowe en kopkrappers oor Afrika se soogdiere, asook interessante het-jy-geweet-brokkies. Meer as 70 verskillende spesies pryk op die blaaie: van die yslike olifant tot die kleine duinmol.
 
Dié kleurvolle, aangrypende boek is ideaal vir kinders tussen ses en nege. Dit tref ’n goeie balans tussen eenvoudige aktiwiteite, soos ‘vind die pad deur die doolhof ’en ‘soek die verskille’, en meer uitdagende kopkrappers. Soos kinders lees en leer oor Afrika se diere, kan hulle taaier raaisels oplos: watter welpie behoort aan die luiperd en watter aan die jagluiperd? Is hierdie bok ’n ram of ’n ooi? Kan jy die sterte by die regte koppe pas? Hierdie aktiwiteite vuur jong natuurliefhebber se verbeelding aan en verskaf ure se vermaak.
 
Die Soogdier-Safari Aktiwiteitsboek vat kinders op ’n avontuur deur Afrika se wildernis – of hulle dit nou saamdra op safari, of tuis in hul eie den geniet.
Other titles by this author 

Others also viewed

Explore the science behind more than 200 questions about our planet. DK's exciting new Earth...
This fun Han Solo sticker book contains more than 1000 colourful stickers, and is full of Star Wars...
Many animals have their homes in the mountains. The animals are clever, but it is difficult for...
The fourth title in Rick Riordan's Trials of Apollo series - set in the funny, mythical and...