Search for your favourite author or book

Saam: n Eeu van Suid Afrikaanse gemeenskapsresepte

ISBN 
9781432310028
Format 
Epub
Recommended Price 
R310.00
Published 
October 2019
About the book: 
Saam  is die Suid-Afrikaanse huiskoskampioen Errieda du Toit se uitsonderlike kookboek oor kos wat ons die meeste geniet en die kultuur waarmee resepte in gemeenskapsresepteboekies gedeel word.
Errieda verdiep haar in 150 boekies wat oor 100 jaar uitgegee is en vorm ’n spesiale band met die resepte op die omkrulblaaie vol kosvlekke uit dié versamelings.
 
In dié eiesoortige resepteboek vier Errieda ons noue verhouding met die nederige gemeenskapsboekies, die invloed daarvan op ons koskultuur en die kenmerkende gees van samewerking. SAAM is ’n genotvolle huldeblyk aan die genre wat in ’n moderne trant en effe tong-in-die-kies inspirasie in ons kosherinneringe vind. Die verskeidenheid resepte is ruimmhartig, gasvry en vol warmte soos die huiskokke wat dit oorspronklik in die boekies gedeel het – die aanhouers (langasem-resepte wat bly oorleef), die flatervryes (epiese staatmakers), kos vir oor-en weer-kuiers en retrogunstelinge wat ons as erfeniskos koester.
 
Met net die regte balans tussen nostalgie, modernisering van ou resepte en boeiende vertellinge is  Saam  dié boek vir huiskokke, kookboekversamelaars en almal wat nuuskierig en entoesiasties is oor Suid-Afrikaanse kos.
Other titles by this author 
Listing 

Others also viewed

How did a teenage refugee from communist Poland become one of the richest women in South Africa...
The dazzling story of a Nigerian family.   The house at the end of Freetown Street in...
We have a lot to be positive about in South Africa.   With all our problems, it’s...
Op 29 April 1963 stuur die 29-jarige digter Ingrid Jonker ’n telegram aan André P....