Search for your favourite author or book

Rand en sent

ISBN 
9781776092383
Format 
Paperback
Recommended Price 
R230.00
Published 
June 2018
About the book: 
Rand en sent,  gegrond op die gewilde gelyknamige RSG-program, is ’n onontbeerlike gids tot goeie persoonlike finansiële bestuur. Suzaan Steyn bring die kundigheid van kenners van gerespekteerde finansiële instellings hier op ’n toeganklike wyse bymekaar. Die boek is ideaal vir lesers wat nie noodwendig toegang tot die dienste van finansiële adviseurs of konsultante het nie. Raad word verskaf oor hoe om ’n begroting behoorlik op te stel – en te laat klop. 
 
Mense wat hulle in die dryfsand van skuld bevind, kry waardevolle wenke oor hoe om uit dié aaklige spiraal te ontsnap en te begin spaar. Alles wat ’n mens oor eiendomsbeleggings, algemene en aanlynbeleggings behoort te weet, is hierin vervat. Inligting oor hoe om die maksimum opbrengs uit polisse te verseker, word gegee, en skuiwergate wat ’n mens op die finansiële pad kan laat struikel, word uitgewys. En nog vele meer. Noodsaaklike leesstof vir alle Suid-Afrikaners wat ernstig oor hul geldsake is.
Other titles by this author 

Others also viewed

We can’t choose the strangers we meet.   As the guests arrive at beautiful, remote...
The fourth incredible adventure in the most exciting and commercial fantasy-adventure series since...
‘This is more than just a cookbook; it is a celebration of culinary creativity and a...
The Guptas rose to national infamy when a commercial airliner packed with guests for a family...