Search for your favourite author or book

Pass: Nuwe Amptelike K53 Handleiding

ISBN 
9781432303297
Format 
Paperback
Recommended Price 
R120.00
Published 
October 2013
About the book: 

Hersien, met opgedateerde inligting en ’n helder nuwe voorblad om daarby te pas, is Die Nuwe Amptelike K53-handleiding ’n omvatt ende en koste-eff ektiewe gids om jou te help slaag in die Leerling- en K53-Bestuurslisensietoetse. 

Elke hoofstuk bespreek wat van jou verwag sal word met die hantering van ligte en swaar motorvoertuie en motorfietse.

Die Leerlinglisensie-afdeling verduidelik die K53-beginsels van defensiewe bestuur, padtekens en padreëls, met vrae en antwoorde om jou kennis te toets. Aan die einde van dié afdeling is ’n oefentoets, soortgelyk aan die een wat deur verkeersdepartemente opgestel word. ’n Nuwe, nuttige afdeling wat addisionele items in die wetgewing opsom, is ná die toets bygevoeg. 

Die Bestuurslisensie-afdeling verduidelik hoe kandidate getoets word en waarna eksaminators oplet, met stap-vir-stap-instruksies vir elke maneuver in die werf- en die padtoets. Met detail-illustrasies in volkleur, is dit beslis dié gids vir leerling- en bestuurslisensietoetse. 

Dié handleiding se inhoud vorm ook die basis vir ’n opsionele skakel tot ’n aanlyn-selftoetsfasiliteit.

Other titles by this author 

Others also viewed

An African Bite  celebrates the simplicity and authenticity of African food for a...
Zola Nene is back with a third book, this time celebrating the diverse cultural heritage of South...
This completely revised and updated edition of Teach Yourself Afrikaans is for all those who seek...
Ingrid Jonker, begaafde jong digter, loop op 19 Julie 1965 die see in by Drieankerbaai en...