Search for your favourite author or book

Mugabe En Die Wit Afrikaaner

ISBN 
9781770223554
Format 
Epdf
Recommended Price 
R175.00
Published 
October 2011
About the book: 
Sedert president Mugabe in 2000 sy gewelddadige grondbeslagleggingsprogram van stapel gestuur het, is duisende wit boere en hul gesinne gedwing om al hul besittings agter te laat en uit Zimbabwe te vlug. Ben Freeth en sy skoonpa, Mike Campbell, wat meer as dertig jaar lank op hul eie grond gewoon en geboer het, was egter nie van plan om bes te gee nie. Hulle het Mugabe in internasionale howe die stryd aangesê - ’n wanhopige stryd waarvoor hulle bitter duur sou betaal.
 
Mugabe en die wit Afrikaan is ’n eerstehandse beskrywing van die waansin waarin Zimbabwe gedompel is terwyl Mugabe se trawante landbougrond verwoes, plaastoerusting gesteel, diere doodgemaak, huise afgebrand, die plaaswerkers geïntimideer en die boere aangerand of vermoor het. Dit is ’n hartverskeurende verhaal van trauma en tragedie, maar ook van moed, oor een familie wie se diepe sin vir geregtigheid en onwrikbare Christelike beginsels hulle gedring het om alles in die stryd te werp ter wille van hul huis en hul land.
Listing 

Others also viewed

Brilliant jazz pianist Bent lives from gig to gig in a city of dead ends. He is plagued by...
Sasol Eerste Veldgids tot Paddas van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die...
’n Foonoproep uit Pollsmoor laat ’n navorser se lewe kantel. Só na aan hom was...
Op 29 April 1963 stuur die 29-jarige digter Ingrid Jonker ’n telegram aan André P....