Search for your favourite author or book

Megaboere

ISBN 
9781776090822
Format 
Trade Paperback
Recommended Price 
R270.00
Published 
February 2017
About the book: 
Megaboere, kykNET se gewilde reeks oor suksesvolle boere in Suid-Afrika, het kykers reeds vir twee seisoene vasgenael gehou, en ’n derde een is op pad. In hierdie boek neem Wynand Dreyer, vervaardiger van die reeks, en sy produksiespan jou na die plaaseienaars op wie die kollig tot dusver in die reekse geval het. 
 
Hy bied nie net interessante profiele oor gevestigde en opkomende boere met uitsonderlike ondernemingsgees nie; hy probeer die suksesresep ontrafel wat hedendaagse boere in staat stel om die aarde op volhoubare wyse te benut. Of jy self aan die stuur van ’n boerderyonderne¬ming staan en of jy bloot nostalgies voel oor jou voorgeslagte se geskiedenis wat op boereplase beslag gekry het, een ding is seker: jy sal verwonderd staan oor die kreatiwiteit en vernuf wat dit verg om Suid-Afrika se voedselmandjie vol te hou. 
 
Volg vir Wynand op paaie wat lei tot die verste uithoeke van die land en ontdek die grond¬beginsels wat van boere pro-aktiewe entrepreneurs en sakemanne met visie maak.
 
Other titles by this author 

Others also viewed

’n Lang reis per motor saam met jou gesin behoort groot pret te wees... tensy julle die...
Gabriel Dax, travel writer and accidental spy, is back in the shadows. Unable to resist the...
The eminent psychologist and Holocaust survivor guides us through a universal journey of...
An exciting opposites-attact rom-com set in Willow Creek . . .   A high-powered attorney...