Search for your favourite author or book

Laastegoed: Rubrieke 2020-2024

ISBN 
9781776392278
Format 
Paperback
Recommended Price 
R350.00
Published 
August 2025
About the book: 
Annelie Botes se afsterwe op 12 Desember 2024 het die einde van ’n era ingelui. ’n Era van byna meer as twee dekades waarin sy gedagtes, opinies en insigte oor die lewe met ’n toegewyde lesersgehoor gedeel het. Vir Afrikaanse lesers was haar weeklikse rubrieke ’n bron waaruit hulle mildelik geskep het om sin te maak van die wêreld en om inspirasie te vind sodat hul eie skale kon balanseer.
 
Die rubrieke in hierdie bundel het van 2020 tot 2024 verskyn en volg op Voetstoots, ’n keur van Annelie se rubrieke tussen 2006 en 2020. Vir die menigte lesers vir wie Annelie se stem oor die jare ’n vertroude instelling geraak het, is haar menings ’n besielende kleinood waarheen hulle meermale sal terugkeer om woorde te vind wanneer dit in hul eie stemme ontbreek.
 
Hierdie bundel is ’n versameling kantaantekeninge tydens tydperke van ingrypende inkeer en verlies. In Maart 2020 het die Covid-19-pandemie die wêreld getref – “bunkertyd” in Annelie se taal. In haar wêreld was die tyd van korona ’n voorspel tot haar eie finale periode van aflegging, siekte, amputasie en uiteindelik, die onvermydelike seisoen van “die engele met raspervlerke”.
Other titles by this author 
About the Author

Annelie Botes is based in the Eastern Cape and writes in both English and Afrikaans. She is the author of a number of works, some of which have been translated into foreign languages. Riddle Child was published in August 2003, and the Afrikaans version of Riddle Child, Raaiselkind, has been prescribed as a setwork at schools in the Western Cape. 

Others also viewed

Not being racist is not enough. We have to be antiracist.   In this rousing and deeply...
From the world's bestselling thriller writer comes an international thriller going from the...
This vibrant, informative guide showcases the diverse wildlife of Tanzania’s ...
Transform your life with the inspiring new research-backed guide to remove self-doubt, build...