Search for your favourite author or book

Karaktermoord

ISBN 
9781415210178
Format 
Paperback
Recommended Price 
R300.00
Published 
February 2019
About the book: 
Jare gelede het die beeldskone digter Anna Neethling finaal uit die uitgewer Malan Sinclair se lewe gestap. Hul verhouding was ’n maalkolk wat sy huwelik en loopbaan wou verswelg. Maar nou is Anna onverwags terug. Wanneer Malan haar lyk langs sy motor vind ná ’n helse uitval in sy kantoor, bou die afwaartse spiral momentum op.
 
’n Paar dae later maak ’n uittreksel uit Anna se dagboek Malan die hoofverdagte in haar moord en kom gebeure wat ’n dekade gelede tydens ’n drinkparty op ’n wynplaas afgespeel het op die lappe. Iets het daardie aand in die kelder gebeur en meer as een paar hande is bevlek.
 
KLIEK HIER  om die uittreksel te lees.
 

Other titles by this author 
About the Author
Carina Diedericks-Hugo is die skrywer van die  Thomas@ -boeke, wat op kyknet as ’n televisiereeks uitgesaai is. Haar werk is vir die Sanlam- en die mer-prys benoem en het reeds ses atkv-toekennings ontvang. As sy nie skryf nie, werk sy as bemarkingsbestuurder van ’n wynlandgoed in Stellenbosch.

Others also viewed

For busy profressionals, married or single parents, or young people who want to glam up their...
At last, the banting book that will answer ALL your questions about the banting lifestyle AND...
In August 2016, well-known South African businessman Herman Mashaba became mayor of Johannesburg...
Four indentured women cross the black water to the Colony of Natal   In 1909, four women...