Search for your favourite author or book

Jan Braai - Atmosvuur

ISBN 
9781485900542
Format 
Hardback
Recommended Price 
R620.00
Published 
September 2024
About the book: 
 
Hierdie boek is ’n universele gids oor alles wat Jan Braai tans oor braai weet. Dit is ’n viering van hierdie wonderlike Suid-Afrikaanse tradisie waaraan 15–20 miljoen Suid-Afrikaners elke jaar op 24 September op Nasionale Braaidag deelneem. Om hierdie kulturele gebeurtenis se 20ste herdenking te vier het Jan Braai meer as 200 resepte bymekaargesit wat oor ’n houtvuur gaargemaak en daar langsaan geniet kan word.
 
Die boek is in 20 hoofstukke verdeel en sluit resepte in vir tradisionele gunstelinge soos klassieke potjies, steaks, burgers en ribbetjies, tot minder konvensionele geregte wat op die braai voorberei word, soos pasta, pizza, slaai en nagereg. Elke gereg is smaaklik en die meegaande fotografie sal jou mond laat water en jou familie en vriende geesdriftig op ’n samekoms langs die vuur laat aandring terwyl jy jou braaivaardighede ten toon stel. Jan Braai se duidelike instruksies en nugter houding teenoor die braaikuns sal verseker dat selfs groentjiebraaiers hierdie resepte maklik baasraak.
 
Daar is iets vir almal in hierdie boek, en die maklik verkrygbare bestanddele beteken dis verspot maklik om die maaltye saam te stel, aangesien die meeste items waarskynlik reeds byderhand is, of met min moeite of ’n vinnige rit na die supermark in die hande gekry kan word.
Other titles by this author 

Others also viewed

Mr Willy Wonka is the most extraordinary chocolate maker in the world. Augustus Gloop - a great big...
Reacher had no idea where he was. No idea how he had got there. But someone must have brought him...
Winner of the Man Booker Prize for Fiction! Now a major film starring Jim Broadbent and Charlotte...
A NEW YORK TIMES NOTABLE BOOK OF 2018.   Award-winning journalist Sam Anderson’s...