Search for your favourite author or book

Jan Braai - Atmosvuur

ISBN 
9781485900542
Format 
Hardback
Recommended Price 
R590.00
Published 
September 2024
About the book: 
 
Hierdie boek is ’n universele gids oor alles wat Jan Braai tans oor braai weet. Dit is ’n viering van hierdie wonderlike Suid-Afrikaanse tradisie waaraan 15–20 miljoen Suid-Afrikaners elke jaar op 24 September op Nasionale Braaidag deelneem. Om hierdie kulturele gebeurtenis se 20ste herdenking te vier het Jan Braai meer as 200 resepte bymekaargesit wat oor ’n houtvuur gaargemaak en daar langsaan geniet kan word.
 
Die boek is in 20 hoofstukke verdeel en sluit resepte in vir tradisionele gunstelinge soos klassieke potjies, steaks, burgers en ribbetjies, tot minder konvensionele geregte wat op die braai voorberei word, soos pasta, pizza, slaai en nagereg. Elke gereg is smaaklik en die meegaande fotografie sal jou mond laat water en jou familie en vriende geesdriftig op ’n samekoms langs die vuur laat aandring terwyl jy jou braaivaardighede ten toon stel. Jan Braai se duidelike instruksies en nugter houding teenoor die braaikuns sal verseker dat selfs groentjiebraaiers hierdie resepte maklik baasraak.
 
Daar is iets vir almal in hierdie boek, en die maklik verkrygbare bestanddele beteken dis verspot maklik om die maaltye saam te stel, aangesien die meeste items waarskynlik reeds byderhand is, of met min moeite of ’n vinnige rit na die supermark in die hande gekry kan word.
Other titles by this author 

Others also viewed

Esther and Jerry Hicks' first book presenting the teachings of the non-physical entity...
Planet Earth is 4.5 billion years old. In just a fraction of that time, one species among countless...
Offering practical advice and techniques, this book helps you to learn how to get out of a mental...
Meet Hendrik Groen. An octogenarian in a care home who has no intention of doing what he's told...