Search for your favourite author or book

Hoe verklaar jy dit? 2

ISBN 
9781776092048
Format 
Epub
Recommended Price 
R205.00
Published 
September 2017
About the book: 
Na die ongelooflike sukses van RSG se Hoe verklaar jy dit?  is dit niks minder as gepas om met hierdie tweede volume Suid-Afrikaners se nuuskierigheid oor die wêreld verder te bevredig nie.
 
In Hoe verklaar jy dit? #2  bring Danny Fourie weer ’n gerf van die interessantste vrae en antwoorde byeen wat deur RSG  se kundige medewerkers in die gewilde radioprogram behandel is. En dit help die leser natuurlik om die wêreld om ons minder vreemd te maak.
 
Hoe verklaar jy ons honger na inligting en ons dors na kennis? Die antwoord is eenvoudig: Ons is mal daaroor om antwoorde te kry, selfs al is daar geen oënskynlike voordeel daarin nie.
 
Is dit werklik nodig om te weet wat ’n Jerusalem-kriek of ’n sweepspinnekop is? Waarom die son nie uitbrand nie? Hoekom ’n mens se oë traan as jy uie sny? Hoe die Richter-skaal werk? Wie en wat die Florisbadmens is? Wat links- en regshandigheid bepaal? Van al die soogdiere is ons die enigste wat lewenslank nuuskierig bly. Daarom sal Hoe verklaar jy dit? #2  jou nog meer fassineer.
Other titles by this author 
Listing 

Others also viewed

How did the leopard get his spots? Why do cats act as though they own the place? What does a...
Iasteroid ebukhulu bulingana neNtaba yeTafi le yawela kwindawo ekunamhlanje nje ebizwa ngokuba...
In the city of Enugu in the 1970s, young Nwabulu dreams of becoming a typist as she endures her...
In the wake of his father’s death, Gilbert du Toit begins to see rays of light and schools...