Search for your favourite author or book

Dinge van 'n Hond

ISBN 
9781485903642
Format 
Epub
Recommended Price 
R275.00
Published 
April 2021
About the book: 
Aan die einde van elke jaar word daar op Gatlek, Dawid Fourie se plaas, feesgevier. ’n Soort danksegging, kan jy sê. Dawid beloon sy werkers vir hul harde werk, en hulle betoon hul dankbaarheid op ’n manier waaroor daar ná die tyd nie veel uitgewei word nie. Dit was tydens die nag van die laaste groot vleisbraai dat dinge vir Dawid en Gatlek begin skeefloop het.
 
Jan-Vlok, Dawid se seun, sit nou verbitterd sonder ’n erfplaas. Sy pa swyg oor Gatlek terwyl hy sy dae vul met grafstene maak in sy agterplaas. Totdat sy mal oom Outa oor die verlede begin praat en niemand hom meer kan ignoreer nie.
 
Dan is daar Bettie Rondganger. ’n Alleenloper. ’n Vrou wat wil voorthol om van haar verlede te vergeet. Sy gee haar lyf vir Jan-Vlok, maar ook vir Klippies, sy jeugvriend wat aan die werkerskant van die plaas grootgeword het. Sy en Klippies ken immers die etiek van die vullishope waar hulle nou ’n bestaan moet maak.
 
Maar wat het werklik daardie aand op Gatlek gebeur?
 
Dinge van ’n hond  is ’n roman oor vergeet, maar ook oor onthou. En die besef dat ’n mens jou nooit rêrig van jou verlede kan losmaak nie.
Listing 

Others also viewed

This field guide to the Restionaceae, or Cape reeds, commonly called restios, unpacks a unique...
Die brief wat Theresa tussen haar eksman Theo se besittings ná sy dood ontdek, skeur haar...
Toe Eugène Marais deurtrek van malaria en morfien by ’n vreemde plaashuis in die...
This trusted best-seller has been comprehensively updated and expanded to feature accounts of...