Search for your favourite author or book

Die tale wat ons praat

ISBN 
9781776092345
Format 
Epub
Recommended Price 
R200.00
Published 
August 2018
About the book: 
Wanneer is dit aantal, wanneer getal? Hoe hou ambisie verband met ambulans? Ry ’n mens in ’n baan, of in ’n laan? Wat is die verskil tussen balhorig en baldadig; belhamels, voorbokke en sondebokke; bulle en ramme, koeie en ooie? Waar kry Afrikaans “berserk” vandaan? Is dit biljoen of miljard? Flagrant? Flambojant? Kritiek of krities? Is knormoer regtig ’n woord? Waar kom die peet in peetouer vandaan? Hoe verskil relikte, relieke en relikwieë? Wanneer tap ’n mens ’n ui? Wat doen jy as jy varkoor gooi? Waar kry volstruis sy naam?
 
Vir jare al, Sondae net ná elf, word al dié vrae en nog baie meer in die RSG-program Die tale wat ons praat  beantwoord. Ook word aktuele sake en interessanthede oor Afrikaans bespreek. Van die deelnemers aan die program is taalkundiges, leksikograwe en huidige en oudlede van die SA Akademie se Taalkommissie.
 
In hierdie boek bring Jana Luther en Fred Pheiffer, saam met Danny Fourie as samesteller, van die gewildste bydraes deur dié luisteraars en taalkenners byeen. Vir elkeen wat getrou by die radio luister – en almal wat lief is vir Afrikaans!
Listing 

Others also viewed

A letter bearing news of boyhood friend Karl Udengaard’s death sets Maximilian Fritz on a...
I'd tried the pill method, I'd tried dieting, I'd flirted very occasionally with...
A story that details the effects of the infamous Mau Mau war, the African nationalist revolt...
Groter suider-Afrika is ryk aan soogdierspesies, byna 400- wat almal in hierdie ten volle...