Search for your favourite author or book

Die Man van Quatro

ISBN 
9781485904052
Format 
Epub
Recommended Price 
R240.00
Published 
June 2019
About the book: 
Wanneer ʼn dossier uit ’n polisiekantoor verdwyn en onverklaarbaar tot ’n bloedige gruweldaad lei, raak vergelding Thinus Olckers se enigste lewensdoel. Skatryk Patel, groteske oorlewende van ’n strafkamp in Sentraal-Afrika, koester ’n ou wrok wat ten alle koste bevredig moet word. Niks gaan hom stuit nie, ook nie Thinus Olckers nie.
 
Voor die wraaktogte van beide Olckers en Patel kom stroomop kaptein Dirk Bremer te staan. ’n Man wat hom min aan reëls en prosedure steur. Dié drie, elk onverbiddelik op soek na sy eie soort geregtigheid, stuur in dolle vaart af op ’n botsing wat die hoogste tol sal eis.
Other titles by this author 
Listing 
About the Author
Calvyn van Niekerk was onder meer skrywer van honderde tydskrifverhale onder vyf skuilname, verhaleredakteur van  Die Brandwag  en  Ster  en redakteur van  Keur.  Hy is ook die skrywer van die romans  ’n Tyd van toorn  en  Die derde graf,  die jeugverhale  Die held van Wagenpoort  en  Koning Kalahari,  ’n aantal radiovervolgverhale en twee TV-reekse. Hy woon in Durban.

Others also viewed

The No.1 international bestselling author back with a powerful and provocative exploration of why...
Wealth is about more than just money. But how can we come to grips with our financial situation...
Who needs to study for an MBA when you have this book? The five-minute MBA  is a...
Learn the skills of trading on the stock market, and it can provide you with the opportunity to...