Search for your favourite author or book

Die Man van Quatro

ISBN 
9781485904052
Format 
Epub
Recommended Price 
R240.00
Published 
June 2019
About the book: 
Wanneer ʼn dossier uit ’n polisiekantoor verdwyn en onverklaarbaar tot ’n bloedige gruweldaad lei, raak vergelding Thinus Olckers se enigste lewensdoel. Skatryk Patel, groteske oorlewende van ’n strafkamp in Sentraal-Afrika, koester ’n ou wrok wat ten alle koste bevredig moet word. Niks gaan hom stuit nie, ook nie Thinus Olckers nie.
 
Voor die wraaktogte van beide Olckers en Patel kom stroomop kaptein Dirk Bremer te staan. ’n Man wat hom min aan reëls en prosedure steur. Dié drie, elk onverbiddelik op soek na sy eie soort geregtigheid, stuur in dolle vaart af op ’n botsing wat die hoogste tol sal eis.
Other titles by this author 
Listing 
About the Author
Calvyn van Niekerk was onder meer skrywer van honderde tydskrifverhale onder vyf skuilname, verhaleredakteur van  Die Brandwag  en  Ster  en redakteur van  Keur.  Hy is ook die skrywer van die romans  ’n Tyd van toorn  en  Die derde graf,  die jeugverhale  Die held van Wagenpoort  en  Koning Kalahari,  ’n aantal radiovervolgverhale en twee TV-reekse. Hy woon in Durban.

Others also viewed

Sasol First Field Guide to Birds of Prey of Southern Africa  provides fascinating insight into...
Pocket Guide Fynbos  features over 300 of the most spectacular and commonly seen species...
’n Onontbeerlike gids vir die uitkenning van al die gevaarlike slange en algemene...
On the night that Walter Brownley had arrived to take up his position at a remote mission, set...