Search for your favourite author or book

Die Kinders se Madiba: Die Lewensverhaal van Nelson Mandela

ISBN 
9780143538530
Format 
Trade Paperback
Recommended Price 
R100.00
Published 
September 2013
About the book: 

Dit is die verhaal van hoe 'n jong Xhosa-veewagtertjie uit die groen heuwels van die Oos-Kaap Suid-Afrika se eerste swart president geword het. Toe hy in Johannesburg vir 'n prokureur gestudeer het, het Nelson Mandela meer en meer gesien hoe onregverdig die land se wette teenoor swart mense was, en hoe hulle daaronder ly. En die ergste was, hulle kon niks daaraan te doen omdat die wet swart mense verbied het om te stem vir 'n regering wat hulle wou he. Daarom het Tata Mandela besluit om sy lewe daaraan te wy om te veg teen die regering se groot plan, apartheid. Apartheid het beteken dat wit en swart mense apart gehou is en dat wit mense die beste deel van alles gekry het. Sommer gou het Madiba se aksies hom in die moeilikheid laat beland, en uiteindelik is hy vir 27 jaar toegesluit. Maar toe hy daar uitkom, het alles verander, en hy het die eerste president van al die mense van die land, wit en swart, geword. Hy was 'n held vir almal in Suid-Afrika en oor die hele wereld, en hierdie boek vertel sy storie.

Other titles by this author 

Others also viewed

Dit is vakansietyd: die weer is heerlik en almal geniet hulle gate uit buite. So, waar is Greg...
Dit was die vyftiende jaar van ekonokrasie. Vyftien jaar nadat ons ons demokrasie vir die...
In November 2019 het My Only Story, Deon Wiggett se sensasionele weeklikse podsending, Suid-...
Weber Braaibybel is ’n alles-in-een meestersklas oor elke aspek van die gewilde ketelbraai...