Search for your favourite author or book

Die hond wat ophou blaf het

ISBN 
9781415209844
Format 
Epub
Recommended Price 
R215.00
Published 
June 2018
About the book: 
“Die naald sink tussen haar oe in en buig. Die blink tandartsspuit van vlekvrye staal tref die skedel hard. Bloed. Sy hand lig weer op ...”
 
Izak Hugo is ’n gefrustreerde tandarts van Port Elizabeth. Hy haat sy werk en smag na ’n meer vervullende lewe. Snags word hy deur gewelddadige drome geteister. Soos sy onvergenoegdheid opbou, begin hy sporadiese oomblikke van geheueverlies beleef.
 
Wanneer hy ná so ’n episode sy vriend se verwurgde poedel in sy bakkie ontdek, begin hy sy greep op die werklikheid en homself verloor. Sake vererger wanneer ’n jong bendelid vermoor word en die bende vermoed dat lzak die skuldige is. lzak besluit om Transkei toe te vlug, maar die bloedspoor volg hom.
 
’n Kaalvuis sielkundige riller deur ’n opwindende nuwe skrywer. ’n Geveg tot die dood toe tussen goed en kwaad, maar die rolverdeling is net so onseker soos die uitslag.
Listing 

Others also viewed

Situated between the Hottentots Holland Mountains and the Breede River, the Overberg is an...
She was a bride for just twelve days. She was 28 years old. On a honeymoon to Cape Town she was...
A field guide to fynbos of southern Africa
At the age of 14, author David Bristow stuck a large touring map of South Africa on his bedroom...