Search for your favourite author or book

Die derde spoel

ISBN 
9781415207482
Format 
Epub
Recommended Price 
R160.00
Published 
May 2017
About the book: 
Etienne is twee-en-twintig en studeer filmkuns in London nadat hy uit Suid- Afrika gevlug het om diensplig te vermy. Dit is 1986, die tyd van Thatcher, optogte teen apartheid, en Vigs, maar ook van eksperimentele kuns, postpunk en die Royal Vauxhall Tavern. Etienne raak verlief op ’n Duitse kunstenaar in hierdie skadustad waar mense in bouvallige kunstenaarskommunes woon.
 
In Londen kom Etienne af op die eerste van drie filmspoele wat tydens die dertigerjare in Duitsland verfilm is. Etienne begin na die verlore spoele soek, ’n soektog wat ’n obsessie word wanneer sy geliefde vermis raak in Berlyn. Terwyl Etienne die gevaarlike ruimtes weerskante van die Muur navigeer, begin die verhaal van ’n groepie Joodse filmmakers in Nazi-Duitsland vorm aanneem.
 
Etienne word egter teruggeruk na die hede en na Suid-Afrika, maar sy soektog na die vermiste film duur voort.
 
Argitektuur, kinematografie, seks, musiek, siekte, verlies en liefde deurweek SJ Naudé se kosmopolitaanse en roerende Die derde spoel , waarmee hy nuwe grond vir die roman in Afrikaans breek.
Other titles by this author 
Listing 

Others also viewed

Taken Captive by Birds is a collection of acclaimed author Marguerite Poland’s ‘...
Ontmoet 36 van Suider-Afrika se mees algemene en interessante slange in hierdie lewendige en...
This penetrating, timely portrait of Robert Mugabe is the psychobiography of a man whose once-...
Armand is back, stripped all the way, as usual.   His first cookbook (Nude) was a...