Search for your favourite author or book

Die derde spoel

ISBN 
9781415207482
Format 
Epub
Recommended Price 
R160.00
Published 
May 2017
About the book: 
Etienne is twee-en-twintig en studeer filmkuns in London nadat hy uit Suid- Afrika gevlug het om diensplig te vermy. Dit is 1986, die tyd van Thatcher, optogte teen apartheid, en Vigs, maar ook van eksperimentele kuns, postpunk en die Royal Vauxhall Tavern. Etienne raak verlief op ’n Duitse kunstenaar in hierdie skadustad waar mense in bouvallige kunstenaarskommunes woon.
 
In Londen kom Etienne af op die eerste van drie filmspoele wat tydens die dertigerjare in Duitsland verfilm is. Etienne begin na die verlore spoele soek, ’n soektog wat ’n obsessie word wanneer sy geliefde vermis raak in Berlyn. Terwyl Etienne die gevaarlike ruimtes weerskante van die Muur navigeer, begin die verhaal van ’n groepie Joodse filmmakers in Nazi-Duitsland vorm aanneem.
 
Etienne word egter teruggeruk na die hede en na Suid-Afrika, maar sy soektog na die vermiste film duur voort.
 
Argitektuur, kinematografie, seks, musiek, siekte, verlies en liefde deurweek SJ Naudé se kosmopolitaanse en roerende Die derde spoel , waarmee hy nuwe grond vir die roman in Afrikaans breek.
Other titles by this author 
Listing 

Others also viewed

'... baboons are neither devils nor saints but animals who like us have very individual...
The Whale Caller, in tattered tuxedo, spends his days on the cliffs of the small coastal town of...
Few athletes hold a record comparable to that of Oscar Chalupsky. He made history at the age of...