Search for your favourite author or book

Die Banting-sakgids

ISBN 
9781776091652
Format 
Paperback
Recommended Price 
R190.00
Published 
February 2017
About the book: 

Die Banting-oplossing, in samewerking met die Noakes-stigting en die “Eet Beter, Suid-Afrika!” - inisiatief, is nou beskikbaar in ’n gebruikersvriendelike sakpas-formaat!

Danksy lesers se versoeke vir méér basiese resepte en ’n maklik hanteerbare formaat, is Die Banting-oplossing  nou beskikbaar in ’n grootte wat elke sak sal pas. Hierdie gebruikersvriendelike boekie bevat al die wenke en raad wat jy nodig het om jou Banting-leefstyl suksesvol te implementeer en om daarmee vol te hou. Die Banting-sakgids  bevat ’n hoofstuk deur Banting se mees passievolle en gerespekteerde ondersteuner, prof. Tim Noakes; verskaf antwoorde op jou dringendste vrae; slaan mites wat oor Banting kop uitgesteek het die nek in; help jou om uitstekende maaltydplanne saam te stel; bevat Banting-vriendelike voedsellysies en resepte; leer jou hoe om te begroot sodat almal ’n Banting-leefstyl kan handhaaf; en nog baie meer.

Maar nog belangriker: dit leer jou hoe om van daardie ekstra ponde ontslae te raak en hulle vir altyd weg te hou! Die Banting-sakgids, wat maklik in jou handsak of hempsak inglip, is net wat jy nodig het om jou Banting-leefstyl aan die gang te kry!

Also available in English as The Banting Pocket Guide .

Others also viewed

Namibia is a country of surprising contrasts – big skies and far horizons, arid landscapes...
South Africa can sometimes appear to be awash with occult crime. From satanist conspiracies and...
Hierdie boek is waarskynlik een van die mees ongewone wat jy ooit sal lees - een wat jou denke oor...
The French Affair  is a collection of recipes collected by author, chef and photographer Jan...