Search for your favourite author or book

Breekpunt

ISBN 
9781776380800
Format 
Epub
Recommended Price 
R300.00
Published 
August 2024
About the book: 
Wanneer iemand jou kind steel, wat is jou breekpunt?
 
Twee jong kinders verdwyn spoorloos uit die veiligheid van hul ouer-huise in Johannesburg. Albei is meisies, albei word in die middel van die nag weggelok . . .
 
Kaptein Alek Strauss ondersoek die saak en kom agter die ontvoerder se modus operandi stem grootliks ooreen met dié van ’n misdadiger wat al jare agter tralies sit nadat hy twee ander meisies ontvoer het. Hoekom dink een van die slagoffers se ma dan hierdie man is onskuldig? En watter skokkende ontdekking maak sy in haar dogter se slaapkamer ses jaar ná haar verdwyning?
 
Dan kom ’n jong paartjie op ’n gruvonds in die Drakensberg af en dit dompel almal in ’n nuwe maalkolk van raaisels.
Sal hulle die meisies betyds vind?
 
Breekpunt,  Marie Lotz se vierde spanningsroman, is ’n meesleurende en meesterlike speurtog.
Other titles by this author 
Listing 
About the Author

Marie Lotz  is die skrywer van drie spanningsromans: Roofdier, Polsslag  en Maalkolk  wat al drie Nielsen se topverkoperlyste gehaal het. Wanneer sy nie spanningsfiksie skryf nie, werk sy as vryskuttaalpraktisyn.

Others also viewed

If you’re one of the (many) people whose heart skips a beat when gazing at iconic pictures...
Africa has a wonderfully rich store of folk tales that have been passed down from one generation...
Africa has experienced two liberations: the first from colonial and racist regimes and the second...
Reg Lascaris, one of South Africa's most celebrated marketers, literally started out from the...