Search for your favourite author or book

Brandmerk

ISBN 
9781485904342
Format 
Paperback
Recommended Price 
R320.00
Published 
January 2021
About the book: 
Hy kan eerlik sê kleintjies hou van hom. Dit laat hom altyd dink dat hy ’n goeie pa sal maak. Die dogtertjie weeg byna niks en hy pluk haar met gemak tot binne-in sy voertuig. Hy trek dadelik weg, die spartelende kind oor sy skoot. Sy probeer onder sy greep uit kom, maar hy druk haar half onder die stuurwiel in. Hy kyk rond. Niemand storm uit ’n huis of roep agter hom aan nie. Hy neem aan hy het bespeuring ontglip. Hy gee ’n ingenome laggie. Practice makes perfect, nè.
 
’n Kombers van boosheid daal neer oor ’n plattelandse dorp wanneer Portia Serape se vyfjarige dogtertjie gegryp word, maar dit is net die begin. Haar familie probeer naarstiglik om die kind op te spoor.
 
Nuus van die vermiste meisiekind bereik Klara Dean – eens Francke – waar sy as maatskaplike werker by Veilige Hawe op die dorp in die Kalahari werk. Klara het die stukkies van haar lewe opgetel nadat sy en haar lieflingseun David die wreedheid van haar eksman oorleef het. Nou het Klara ’n nuwe, liefdevolle man en ’n oulike vierjarige. Maar die nuwe vlaag onheil bedreig hul veiligheid, en hou kaptein Coghran en die plaaslike polisie wakker tot diep in die nag.

Others also viewed

A hilarious enemies-to-lovers rom-com from the author of BEACH READ and YOU AND ME ON VACATION...
Between life and death there is a library.   When Nora Seed finds herself in the...
From the world's bestselling thriller writer - three pulse-pounding stories in one book! THE...
Narrated by: Nicky Rebelo Length: 13 hrs and 9 mins Unabridged Audiobook   When...