Search for your favourite author or book

Alfabet Van Voels

ISBN 
9781415201459
Format 
Trade Paperback
Recommended Price 
R300.00
Published 
November 2011
About the book: 

Andre P Brink sê: "Die verbysterende verskeidenheid verhale in SJ Naude se merkwaardige bundel Alfabet van die voels tel onder die bestes in Afrikaans ... Vir enige leser wat wil bybly by wat op die voorpunt van Afrikaanse literatuur gebeur, is hierdie bundel werklik onmisbaar." 

Dit is 'n boek oor ontheemding, terugkeer, die saamleef met verlies. In die storie "Die mobile" raak 'n vrou, self sterwend aan kanker, obsessief betrokke by die lot van vigslyers, verwaarloos alle verhoudings met geliefdes, en skaar haar, in haar verbete stryd teen korrupte en ellendige amptenare, by die geledere van die dooies. 

"Die lawaaimasjien" en "VNLS" is albei verhale oor die saamleef met die verlies aan bande met 'n kultuur en 'n kinderverlede. Dikwels word daar in hierdie verhale 'n spanningsveld geskep tussen die bevryding van die verlede en die terughunkering daarna. 

Die verhale is wyd leesbaar met prikkelende stories, ideeryk met nuwe ruimtes, gebeure en karakters.

Other titles by this author 

Others also viewed

Suider-Afrika het die rykste en uiteenlopendste groepering vetplante ter wêreld.  ...
Op Broedersdraai is daar perde tussen vier susters. Dit is 1945. In Europa woed die Tweede W...
A conceptual art project goes dangerously wrong...   Where is Sophie?  ...
A letter among her deceased ex-husband’s belongings rips open Theresa’s world. For...